Die Lost-Model Gratis Videos | Inleiding

Videos deur Vryomteleef

 

Vryomteleef deel 1


Vryomteleef inleiding handel oor die kuns van persoonlike verhoudings en hoe om gedetailleerd daarin te leef. Vryomteleef is gebasseer op ons selfontdekking verhoudingsmodel wat die verskil tussen funksionele huishoudings en disfunksionele huishoudings uiteensit. Funksionele huishoudings fokus op detail van verhouding en leef in die realiteit van gebeure. In disfunksionele huishoudings gebruik gesinslede emosie as sekuriteit en vorm selfgesentreerde persepsies van gebeure. Die probleem ontstaan sodra gebeure en emosie verander dan verander gesinslede se persepsie van gebeure daarmee saam en dit maak emosie baie gevaarlik, want dit laat ons perspektief verloor van die langtermyn gevolge.

 

 

Vryomteleef deel 2


Deel 2 van vryomteleef inleiding handel oor ons geestelike lewe en die God van verhouding. Hier gesels ons oor ‘n God wat die kuns van verhouding bemeester het en suksesvol leef teenoor ons. In areas waar ons funksionele opgroei ervaar het in die huishouding, is dit moeiteloos om die God van verhouding te verstaan. Die teendeel is ook waar. Areas waarin ons disfunksioneel opgegroei het, bemoeilik die verstaanbaarheid van God. Disfuksionele emosies vorm persepsies van God en verloor perspektief van die realiteit wie God werklik is. In so `n geval kan God in Jesus Christus gebruik word as status simbool, eerder as `n hulp wat onvoorwaardelik my emosionele leemtes wil herstel.

 


Funksionele Huishouding


Hierdie video is 'n volledige samestelling van 'n funksionele huishouding en gee perspektief van realiteit in 'n verhouding.

 

Disfunksionele Huishouding


Hierdie video is 'n volledige samestelling van 'n disfunksionele huishouding wat lei na 'n gebrek aan verstaanbaarheid van 'n verhouding.

 

 

© Kopiereg LOST 2018. Alle Regte Voorbehou.
Geen artikel of foto mag gedupliseer of gepubliseer word sonder die toestemming van LOST.